Air Namibia werkers loof Venaani vir sy eise by die eerste minister

Die voormalige werknemers van Air Namibia het hul dank uitgespreek teenoor McHenry Venaani, president van die PDM, vir sy ondersteuning. Venaani het in die Nasionale Vergadering kennis gegee dat hy verskeie vrae aan die eerste minister, Saara Kuugongelwa-Amadhila sal vra, waaronder die stand van sake met die voormalige Air Namibia-werknemers. Hy eis antwoorde oor hul […]

Read More

Opperhoof is boos vir die Duitsers, Duitsers sê hulle soek versoening

Die opperhoof van die Ovaherero, professor Mutjinde Katjiua het hom vererg vir ‘n brief wat die Forum van Duitssprekende Namibiërs aan President Hage Geingob, sowel as die Duitse ambassadeur Herbert Beck gerig het. Die forum sê ‘n kolom wat in plaaslike media geplaas is toon disrespek en verbrokkel verder die verhouding tussen die partye wat […]

Read More

Bisey vaar uit teen openbare sektor

Die president van die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid Bisey /Uirab het uitgevaar teen die openbare sektor wat hy sê nie reageer op die privaatsektor se navrae, pogings tot samewerking en kommer wat hy opper nie. In sy sogenaamde State of Business-toespraak sê hy die kamer eis doeltreffende kommunikasie tussen die twee sektore. Hy […]

Read More

Belastingopgawes moet teen Vrydag ingedien word

Belastingbetalers word daaraan herinner dat opgawes teen Vrydag by die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, ingedien moet word. Die Itas-stelsel moet gebruik word vir aanlyn indienings van opgawes. Kosmos 94.1 Nuus het met NamRA se woordvoerder, Steven Ndorokaze gepraat, wat ook die publiek aan die amnestie herinner het.

Read More

Toetse loop goed vir reuse-passasiersboot…

Royal Caribbean International se Icon of the Seas, die wêreld se grootste passasierskip, het sy eerste stel toetse ter see voltooi. Die skip is 365 meter lank en sal tot sowat 250 800 ton weeg. Die Icon sal die wêreld se grootste waterpark ter see, met ses rekord-waterglybane hê, en 20 dekke wat oor 28 […]

Read More

Recon ontken berigte dat hy uit Kavango onttrek

ReconAfrica ontken bewerings deur National Geographic dat hy sy bedrywighede in die Kavango-bekken staak met talle personeel wat reeds die gebied verlaat het. Volgens die publikasie is Recon besig om sy bedrywighede na Zimbabwe te verskuif. Die maatskappy het onlangs teleurstellende uitslae in die drie putte aangekondig met min befondsing oor vir die Namibiese projek. […]

Read More

Cyril woon SACU-vergadering by

President Cyril Ramaphosa gaan die Suider-Afrikaanse Doeane-unie se agtste beraad van staatshoofde en regerings bywoon, wat hierdie week in Eswatini plaasvind. Die raad van ministers sal vandag, voor die beraad, byeenkom om inligting te verskaf oor die inwerkingstelling van die unie se strategiese plan vir 2022 tot 2027. Die vergadering dien as ‘n geleentheid om […]

Read More

Wagner se uitdagings kan moontlik voordeel vir Oekraïne inhou

Die chaos wat op die oomblik woed in die Russiese huursoldaatmaatskappy Wagner, kan moontlik voordele vir die Oekraïne inhou. Dit is onbekend hoeveel soldate na Belarus sal verhuis, wat nuwe kommer vir Navo-lande bied, en hoeveel by die Russiese weermag sal aansluit. Daar is ook sommiges wat moontlik sal aftree. Dit kom na die mislukte […]

Read More

Meghan is nie vreeslike talentvolle aktrise nie

‘n Voorste Hollywood-agent het prins Harry se vrou, Meghan, beskryf as iemand sonder veel talent. Die hoof van United-talentagentskap, Jeremy Zimmer, het reageer op die nuus dat Meghan se aanlyn program op Spotify, Archetypes, laat vaar is nadat die transaksie van miljoene slegs 12 episodes opgelewer het. Zimmer stem saam met die uitvoerende hoof van […]

Read More

Solidariteit ruk hom op vir Kumba se ‘lae’ aanbod

Die Suid-Afrikaanse vakbond Solidariteit het ‘n dispuut oor loononderhandelings verklaar met Anglo American se ysterertsprodusent, Kumba Iron Ore. Kumba bied ‘n driejaar-ooreenkoms met ‘n dalende glyskaal aan waar die verhogings van geskoolde werkers op die boonste skaal wissel van 5 tot 6,5 persent. Gideon du Plessis van Solidariteit sê verhogings wat aan verbruikersprysinflasie gekoppel is, […]

Read More