VSA gaan trosbomme na Oekraïne stuur

Amerika gaan trosbomme na Oekraïne stuur om met sy teen-offensief teen Rusland te help. Die Withuis sê hy het die besluit so lank as moontlik probeer uitstel weens die gevaar dat burgerlikes beseer kan word deur bomme wat nie ontplof het nie.  Trosbomme, wat deur meer as 120 lande verbied word, bevat veelvuldige kleiner bomme wat sub-ammunisie genoem word. Rusland en Oekraïne gebruik glo reeds die dodelike wapens.