Tennis: Tsitsipas boender Andy Murray uit Wimbledon

Tennis: Andy Murray is uit Wimbledon na Stefanos Tsitispas met  ‘n agterstand van twee stelle teen een teruggeveg het om ‘n twee daagse epiese stryd te wen. Die 36-jarige Brit het laat Donderdagaand nog een stel nodig gehad om die derde ronde te haal, toe die wedstryd opgeskort is. Tsitsipas van Griekeland het Vrydag die titaniese stryd met 7-6, 6-7, 4-6, 7-6 en 6-4 gewen. Murray het na die wedstryd gesê hy weet nie of hy weer na Wimbledon gaan terugkeer nie. In nog ‘n wedstryd het Novak Djokovic vir Stan Wawrinka in hul eerste Wimbledon-ontmoeting maklik met 6-3, 6-1, 7-6 van die baan gevee.