Regsfirma sal BBP-eenheid se slagoffers pro bono verteenwoordig

Die Suid-Afrikaanse regskenner, Ulrich Roux, sê sy prokureursfirma, Ulrich Roux en Genote, sal twee slagoffers wat na bewering in Johannesburg deur lede van die BBP-beskermingseenheid van adjunkpresident Paul Mashatile aangerand is, gratis verteenwoordig. Agt lede is sedertdien geskors en ʼn ondersoek vind plaas. Roux sê die gedrag van die lede durf nie goedgekeur word nie aangesien sy kliënte hulle nie bedreig het nie. Hy benadruk die belangrikheid daarvan om die oortreders verantwoordbaar te hou.