Werwing van SA maatskaplike werkers gaan R9 miljard kos

Die werwing van meer opgeleide professionele maatskaplike werkers sal die Suid-Afrikaanse regering waarskynlik nege miljard Suid-Afrikaanse rand kos. Die departement van maatskaplike ontwikkeling beoog om teen 2030 sowat 55 000 maatskaplike werkers in diens te hê. Minister Lindiwe Zulu het onthul die regering het die afgelope boekjaar sowat 22 000 maatskaplike werkers gewerf. Sy het vrae in die parlement beantwoord oor kommer dat duisende maatskaplike werkers wat die staat opgelei het, eenvoudig by die huis sit.