Geen skade aan ontspoorde lokomotief  

‘n Lokomotief van TransNamib het naby Arandis ontspoor, maar is nie in die voorval beskadig nie. Die woordvoerder van TransNamib, Abigail Raubenheimer het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dit is ‘n baie geringe voorval met ‘n geringe ontsporing. Sy sê daar is absoluut geen skade aan die toerusting of die infrastruktuur aangerig nie en die […]

Read More

Onwettige mynbou nie oorsaak van Jozi-ontploffing

Die Suid-Afrikaanse departement van minerale bronne het bewerings weerlê van moontlike onwettige mynbou as die oorsaak van Woensdag se dodelike ondergrondse ontploffing in die Johannesburgse middestad. Die woordvoerder, Ernest Mulibana, sê daar is geen goudmyne in die gebied nie. Die ontploffing in Breëstraat, het tot een sterfte gelei, terwyl 48 mense beseer is. Mulibana sê […]

Read More

Sokker: Safa stel vrou as hoof aan  

Sokker: Die Suid-Afrikaanse beheerliggaam, Safa, het die aanstelling van Romaney Pinnock as die hoof van vroue-sokker bekendgemaak. Sy is die stigters-direkteur van die Kaapstadse vroueklub, Badgers. Pinnock was voorheen die uitvoerende hoof van die Desmond en Leah Tutu-erfenisstigting, en ‘n vryskut-strategiekonsultant vir die Europese beheerliggaam, Uefa. Sy sê daar lê nog ’n lang pad voor […]

Read More

Uitheemse indringerplante uitgeroei 

Die George-munisipaliteit in die Wes-Kaap sê hy sal voortgaan met sy bewusmakingsveldtog om inwoners in te lig oor uitheemse indringerplante. Die munisipaliteit fokus hierdie maand op gemmerlelies. Die plant word as ʼn Kategorie 1b-onkruid en habitat-omvormer gelys en moet verwyder en vernietig word. Dit dring woude, plantasies en rivieroewers sowel as klam skaduplekke binne. Die […]

Read More

Vermiste vrou en dogter van Walvisbaai gevind  

Die 38-jarige Ilse-Mari Göttert en haar twee-jarige dogter Amor Bester, wat Dinsdag in Walvisbaai vermis geraak het, is vandag gevind is. Göttert en haar dogter het Dinsdag die huis verlaat om te gaan stap. Hulle het nie teruggekeer nie en sy kon nie op haar selfoon bereik word nie. Inspekteur Ileni Shapumba van die Namibiese […]

Read More

SA vervoerministerie wil veiligheid van vragmotors verseker

Die vervoerministerie in die buurland het planne onthul om veiligheid te verbeter en aandag te gee aan die lang toue waarin vragmotors op die N2-hoofweg in Empangeni, KwaZulu-Natal, moet staan. Honderde vragmotors wag weke lank om die Richardsbaaise hawe binne te gaan. ‘n Nuwe stelsel sal vragmotor-bestuurders inlig oor hul aangewese aankomstye, wat pad-opeenhopings sal […]

Read More

Nog ‘n rekord-kokaïenvonds by Sisilië  

Owerhede in Italië het beslag gelê op ‘n rekord 5,3 ton kokaïen met ‘n geraamde waarde van 850 miljoen euro langs die suidkus van Sisilië. Die Italiaanse polisie het ‘n skip wat uit Suid-Amerika vertrek het gemonitor, en toegeslaan toe hulle sien hoe pakkies uit die skip gegooi en deur ‘n vistreiler uit die water […]

Read More

Rugby: Legendes maak buiging vir Samoa  

Rugby: Samoa pak Japan môre in Hokkaido met ‘n voormalige All Black en ‘n gewese Wallabie in hul span. Die voormalige All Black-stut, Charlie Faumuina, en die oud-Wallaby-agterspeler, Christian Leali’ifano, gaan hul debuut vir die eilandnasie maak met die hoop om uiteindelik die Wêreldbeker-groep te haal. Die 36-jarige Faumuina het tot in 2017 50 toetse […]

Read More

ActionSA: Vrystaatse premier kom nie beloftes na

ActionSA in die Vrystaat sê premier Mxolisi Dukwana het nie sy beloftes nagekom wat hy in Februarie in sy provinsiale rede gemaak het nie. Hy het onderneem om 11 000 onvoltooide huise klaar te bou en struikelblokke uit die weg te ruim wat voorkom dat projekte in samewerking met die Nasionale Huisbouers-registrasieraad afgehandel word. ActionSA […]

Read More

Kadetkonstabels se opleiding om die draai

Die Namibiese polisie het aangekondig dat die voornemende kadetkonstabels, slegs diegene wie se name op die naamlyste verskyn, by die Ruben Danger Ashipala en Pius Joseph Kaundu polisie-opleidingsentrum op Ondangwa vanaf 28 tot 30 Julie moet aanmeld . Daar is ‘n hele paar voorwaardes:  Geen selfone, eie voertuie, skootrekenaars of rekenaars, wapens of skerp voorwerpe […]

Read More