Brent klim bo US$90, senuagtig oor Midde-Ooste

Brent ru-olie verhandel tans bo 90 Amerikaanse dollar per vat terwyl beleggers die toenemende geweld in Gaza dophou met ‘n moontlikheid dat dit kan versprei. Israel se sikkel het tot ‘n laagtepunt van byna agt jaar gedaal, nadat die land se eerste minister, Benjamin Netanyahu, belowe het om Hamas te verwoes in weerwraak vir die aanval op […]

Read More

Biden sê ‘n tweestaat oplossing is enigste uitweg

Terwyl aanvalle op Gaza voortduur, word daar berig dat ’n Egipties-beheerde grensoorgang na Gaza vandag sal heropen vir burgerlikes om Gaza te verlaat en mediese en ander hulp om na Gaza geneem te word. Honderde metrieke ton hulp uit verskeie lande is reeds dae lank in Egipte se Sinai-skiereiland hangende ‘n ooreenkoms vir die veilige […]

Read More

Bokke dring deur na spannende wedstryd teen Frankryk

Die verdedigende kampioene, die Springbokke, is deur na die Wêreldbeker-halfeindstryd ná hul naelskraapse oorwinning van 29-28 oor die gasheer Frankryk in Parys. In ‘n opwindende eerste helfte het albei kante drie drieë aangeteken, maar ‘n Thomas Ramos-strafskop het die gasheer teen rustyd ‘n voorsprong van 22-19 besorg. Frankryk het in die tweede helfte nog drie […]

Read More

Okh-boere sat vir Nampol se veediefstaleenheid… vergader met Shikongo

Die boere van die Okahandja-distrik het ‘n vergadering Maandag versoek met Joseph Shikongo, die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie. Die vergadering sal dringende klagtes oor die Veediefstaleenheid Okahandja bespreek. Wild- en veediefstal bly ‘n groot uitdaging ondanks ontmoeting ná ontmoeting tussen die Namibiese polisie en boere. Tussen Mei 2021 en April 2023 is byna 23 […]

Read More

ASYCUDA af tussen 14:00 en 21:00 vandag

NamRA sê die internasionale doeanestelsel, ASYCUDA-World sal vandag tussen twee-uur vanmiddag en nege-uur vanaand plaaslik onbeskikbaar wees as gevolg van instandhouding wat op die sisteem uitgevoer word. Die inkomste-agentskap sê hy werk daaraan om die stelsel te optimiseer vir beter dienslewering en verdere onderbrekings word in die verband verwag maar, belanghebbendes sal vooraf ingelig word […]

Read More

Naledi soek boikot op Israel, VF+ sê ANC ondersteun terreur

Terwyl die buurland se minister van internasionale betrekkinge, Naledi Pandor, ‘n beroep doen vir die boikot van goedere uit Israel, het die Vryheidsfront Plus president Cyril Ramaphosa se standpunt oor Palestina veroordeel na hy gesê het Israel se optrede ná verlede naweek se aanval deur Hamas, kom neer op volksmoord. Die hoofsweep van die VF-Plus, […]

Read More

Rushdie skryf boek oor mesaanval

Salman Rushdie, die Indies-gebore skrywer wat jare lank in banneling is nadat Iran Moslems aangemoedig het om hom dood te maak weens sy skryfwerk, sal ‘n memoire publiseer oor sy 2022 messteekvoorval in New York. Rushdie se nuwe memoir, “Knife: Meditations After an Attempted Murder,” sal op 16 April 2024 gepubliseer word. Hy sê dit […]

Read More

Almal kort droogtehulp, nie net boere nie – Ivula-Ithana

Daar word geprojekteer dat gedurende die tydperk Oktober 2023 tot Maart 2024, die aantal mense in die land wat voedselonsekerheid ervaar verder sal styg tot sowat 695 000, of ongeveer 26 persent van die bevolking. Namibië het ondernormale en sporadiese reënval ervaar. Die droogtehulpprogram teiken droogtegeteisterde boere in landelike gebiede wat van bestaansboerdery afhanklik is, […]

Read More

GOOD verwelkom aksie oor steenkoolmafia

Die GOOD-party het die Inkomstediens se aanslag verwelkom op wat glo ‘n gesofistikeerde misdaadsindikaat van beweerde steenkoolsmokkelaars is. Hulle het na bewering ‘n groot rol gespeel om die energiekrisis te vererger. Die sekretaris-generaal van die GOOD-party, Brett Herron, sê die diens het ‘n inter-regerings soek- en beslagleggingsoperasie van stapel gestuur, gebaseer op beweerde belastingmisdade wat […]

Read More

Burkina, Rosatom stem in om kernkragstasie te bou

Burkina Faso en die Russiese staatskernkrag-maatskappy Rosatom het ‘n memorandum van verstandhouding onderteken vir die konstruksie van ‘n kernkrag aanleg in die land. Dit sal volgens berigte die land in staat stel om aan sy energiebehoeftes te voorsien. Die ooreenkoms volg op ‘n versoek wat deur die Burkina Faso-juntaleier, kaptein Ibrahim Traore, aan die Russiese […]

Read More