Trump se adviseur sê VSA moet sanksies teen ICC oplê

Die Verenigde State moet sanksies oplê teen amptenare van die Internasionale Strafhof wat ‘n lasbrief vir inhegtenisneming van premier Benjamin Netanyahu,. Dit is die mening van ‘n top-adviseur vir buitelandse beleid van die Republikeinse presidentskandidaat Donald Trump. Robert O’Brien, wat as Trump se vierde en laaste nasionale veiligheidsadviseur gedien het, het die opmerkings gemaak in ‘n Jerusalem-onderhoud met Reuters nadat hy Netanyahu en ander Israeliese amptenare ontmoet het tydens ‘n besoek aan die land. O’Brien, het die besluit van die hof as irrasioneel bestempel.