Maatreëls teen voëlgriep verskerp in buurland

Die minister in die buurland se Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê weens die voëlgriep-uitbreking kan handelsmaatreëls soos die invoer van vrugbare eiers, tafel-eiers en hoendervleis ingestel word om die beskikbaarheid daarvan te bestuur. Die Wes-Kaap met sewe gevalle word die swaarste getref deur die H5-stam, terwyl 37 gevalle van die H7-stam in Gauteng bevestig is. Ntshavheni […]

Read More

Militêre kenner sê Oekraïne vorder goed

Die Britse afgetrede generaal, lord Richard Dannat sê die Oekraïnse weermag vorder eintlik baie goed in sy teenoffensief. Hy sê die weermag maak goeie, maar stadige vordering om die Russe terug te druk, maar voeg by, die oorlog is tweedelig.

Read More

Bokke sal nie ‘n kans vat nie, nie na 2007 nie

Die Springbokke kom Sondag in hulle laaste Wêreldbeker-groepswedstryd teen Tonga te staan en niemand verwag die eilandnasie gaan die verdedigende kampioen verslaan nie. Tog is Suid-Afrika steeds lugtig nadat hulle tydens die 2007 Wêreldbeker byna teen Tonga verloor het. Die Bok-afrigter, Jake White, het nie sy sterkste beginspan gekies nie nadat hulle vroeër maklik met […]

Read More

Pahad kry môre amptelike begrafnis

President Cyril Ramaphosa het aangekondig dat die voormalige adjunkminister van buitelandse sake, Aziz Pahad, môre met ‘n Spesiale Amptelike Begrafnis Kategorie Twee in Johannesburg vereer sal word. Die 82-jarige Pahad is Woensdag oorlede. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê, die president het hulde gebring aan Pahad, en sê hy was ‘n volmaakte diplomaat, nie net […]

Read More

Oorname van Engen – vergadering het goed afgeloop

Die Namibiese Mededingingskommissie sê sy openbare konferensie in verband met die verkoop van Engen Beperk aan Vitol Emerald Bidco, ‘n Britse maatskappy, baie goed afgeloop het. Die konferensie het Donderdag plaasgevind en is baie goed bygewoon. Die kommissie se direkteur van samesmeltings Johannes Ashipala, sê ‘n besluit behoort volgende week gemaak te word. 

Read More

Oos-Kaap vry na beleggings

Die Oos-Kaapse regering sê hy is vol vertroue sy derde beleggingskonferensie gaan ʼn sukses wees. Verlede jaar is beleggings van 46 miljard Suid-Afrikaanse rand aangekondig wat tot ʼn duisend nuwe werksgeleenthede gelei het. Die konferensie word vandag in die Internasionale Konvensiesentrum in Oos-Londen gehou. Die provinsiale regering se woordvoerder, Khuselwa Rantjie, sê nuwe beleggings by vanjaar se konferensie sal aansienlik bydra […]

Read More

Biden: Daar’s geen bewyse nie

Drie getuies wat by die Republikeine se ampsklagondersoek teen Joe Biden getuig het, was almal eens dat hulle nie eerstehandse kennis dra van enige misdadige aktiwiteit deur die Amerikaanse president nie. Die ondersoek wil vasstel of Biden ooit sy familielede se ondernemings regstreeks gehelp het deur onder andere hulle kliënte te ontmoet of Amerikaanse regeringsbeleid te beïnvloed. Die forensiese boekhouer, Bruce Dubinsky, […]

Read More

Marnus kry kans vir Aussies

Die gebore Suid-Afrikaner, Marnus Labuschagne, sal Australië op die eendag-Wêreldbekertoernooi verteenwoordig nadat hy aanvanklik weggelaat is. Hy is by die groep ingesluit nadat Ashton Agar ʼn kuitbesering opgedoen het. Travis Head het sy hand onlangs in Suid-Afrika gebreek en is nog nie slaggereed nie, maar sal saam met die Baggy Green na Indië reis en hoop om in die laaste fases fiks […]

Read More

Binnegevegte duur voort in Tshwane

Die DA in Gauteng sê ActionSA het die Tshwane-burgemeester in die rug gesteek en die mat onder die koalisie uitgeruk. Dit volg nadat die party sonder om met die veelparty-koalisie te beraadslaag, ʼn dringende mosie by die raad se speaker ingedien het om Brink te dwing om met stakende werkers te onderhandel. Kwena Moloto van […]

Read More

Amunime sê NEFF laat Amushelelo in die steek

Die arbeidsaktivis en Namibiese Ekonomiese Vryheidsvegters-lid Michael Amushelelo, wat agter tralies sit nadat hy op Onafhanklikheidsdag gearresteer is by ‘n protesoptog teen jeug-werkloosheid, is deur sy party in die steek gelaat, volgens mede-aktivis Simon Amunime. Amushelo is borgtog geweier omdat hy ‘n hofbevel oor borg in ‘n ander saak verbreek het. Amunime het aan Kosmos […]

Read More