Naledi soek boikot op Israel, VF+ sê ANC ondersteun terreur

Terwyl die buurland se minister van internasionale betrekkinge, Naledi Pandor, ‘n beroep doen vir die boikot van goedere uit Israel, het die Vryheidsfront Plus president Cyril Ramaphosa se standpunt oor Palestina veroordeel na hy gesê het Israel se optrede ná verlede naweek se aanval deur Hamas, kom neer op volksmoord. Die hoofsweep van die VF-Plus, Corné Mulder, sê deur slegs die Israeliese militêre optrede teen Hamas te kritiseer, ignoreer die regering en die ANC die moord op Israeliese burgerlikes, insluitend babas. Mulder sê die party vind dit uiters ongelukkig dat Ramaphosa nie gewillig is om ook Hamas se aanvalle op Israel as volksmoord te beskryf nie: