Glastonbury bied twee nuwe persele

Die gewilde Glastonbury-fees vind vanjaar weer plaas met die bekendstelling van twee unieke persele in Somerset, Engeland. Vermaakkunstenaars soos Dua Lipa en die rock-konings, Coldplay, sal van die trekpleisters wees wanneer die fees op die 26ste van volgende maand afskop. Organiseerders sê die Wishing Well-perseel sal ʼn plek wees waar mense hul diepste begeertes kan loslaat, terwyl Scissors beskryf word as ʼn heerlike femme-queer-venue. Hierdie twee persele vervang die legendariese Rabbit Hole.