Singapore Airlines se 777 het 6 000 voet in ‘n minuut geval – kenner gesels

Stel jou voor jy vlieg lekker in ‘n Boeing 777 op Singapore Airlines op pad Singapoer toe en ewe skielik val die vliegtuig 6 000 voet in een minuut. Ja, dis korrek, 6 000 voet in een minuut. Dit is hoe een passasier dood is en meer as 71 beseer is. Die oorspronklike berigte het turbulensie die skuld gegee, en natuurlik die feit dat passasiers nie hulle gordels aangehad het nie. Maar, lugvaartkenner dr. Guy Leitch sê daardie berigte is nie korrek nie.

Die gravitasiekrag, bekend as Gs, moes skrikwekkende gewees het maar Leitch sê ten minste kan die vliegtuig se raam dit hanteer. Hy verduidelik.