TransNamib moet dubbel soveel lokomotiewe aanskaf

TransNamib sal sy huidige lokomotief kapasiteit moet verdubbel as hy teen 2023 sy teiken van die vervoer van 3,1 miljoen ton wil bereik. Die maatskappy se Hoof Uitvoerende Beampte Johny Smith sê 86 lokomotiewe is nodig om die doelwit, wat in sy strategiese plan uiteengesit is, te bereik. Daar is tans 43 enjins. Volgens Smith […]

Read More

Eskom en sy ‘kontrakte’ van N$178 miljard

Die Spesiale Ondersoekeenheid in Suid-Afrika en die regsfirma Bowmans het tydens ondersoeke verdagte kontrakte van 178 miljard Namibiese doller rakende Eskom uitgewys. Media berig dat baie van die kontrakte verbind word met die oprigting van die Kusile-kragstasie in Mpumalanga. Die eenheid sê die 53 sake is na die Nasionale Vervolgingsgesag verwys. Dit sluit ses Eskom-kontrakte […]

Read More

Mensregterkommissie in Australië soek antwoorde

Australië se menseregtekommissie sê hy is bekommerd oor die reisverbod op burgers van dié land wat van Indië wil terugkeer huis toe, asook die straf vir oortredings van die land se biosekuriteitswet. Indië gaan tans gebuk onder ‘n hewige tweede vlaag van Covid-19. Australië se Eerste Minister, Scott Morrison, het burgers se kanse om tronkstraf […]

Read More

Onenigheid in Zulu-koningshuis ontstel

Die AmaZulu Koningin Sibongile Dlamini, die eerste vrou van die ontslape AmaZulu koning Goodwill Zwelithini Zulu, en haar twee dogters, het ‘n interdik aangevra oor die proses om ‘n nuwe koning aan te wys. Prinses Ntandoyenkosi en Prinses Ntombizosuthu voer aan dat die testament in die besit van die koninklike familie se prokureur, Jerome Ngwenya, […]

Read More

Teek kry nie skadevergoeding nie

Die voormalige Hoërhof-regter Pio Teek het misluk in sy poging om vergoeding te eis vir wat hy beweer was kwaadwillige vervolging en laster. Teek is 11 jaar terug vrygespreek op klagte van die ontvoering en verkragting van 2 minderjarige meisies. Hy het appelleer teen ‘n vorige beslissing deur Regter Herman Oosthuizen in die Hoërhof in […]

Read More

Colosseum kry nuwe vloer

Die antieke Colosseum in Rome gaan ‘n nuwe hoëtegnologie-vloer kry wat aan besoekers ‘n kykie sal gee na hoe dit gelyk het toe Romeinse swaardvegters tot die dood daar geveg het. ‘n Ingenieursfirma van Italië, Milan Ingegneria, het die tender ontvang om die nuwe vloer te ontwerp wat na verwagting teen 2023 voltooi sal wees. […]

Read More

Verklaar Oos-Kaap a rampgebied!

Die DA in die Oos-Kaap sê die uitmergelende droogte in die provinsie is een van die grootste bedreigings vir die inwoners en die regering moet gekoördineerde stappe doen om dit te hanteer. ‘n Lid van die Oos-Kaapse wetgewer, Retief Odendaal, sê die provinsiale regering moet onmiddellik optree as hy die Oos-Kaap van ‘n ramp wil […]

Read More

Jongste oor Reënboogbeker

Die eerste twee wedstryde in die Suid-Afrikaanse afdeling van die Reënboog-reeks is die naweek beslis met die Bulls en die Sharks wat as wenners uit die stryd getree het. Die Bulls het die Lions op Loftus met 24-9 geklop en die Sharks die Stormers in Kaapstad met 33-30. Die naweek word die reeks voortgesit. Die […]

Read More

NWR: grootskaalse verliese was verwag

Namibia Wildlife Resorts het pas sy algemene jaarvergadering gehou en wydlopende aspekte van die impak van die Covid-19 pandemie het onder die loep gekom. Die Hoof Uitvoerende Beampte van die NWR, Matthias Ngwangwama het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die verloop van die vergadering.

Read More

Nkata en kie verskyn weer einde Mei

Die ondersoek na die dood van nie 9-jarige Natalie Chipomho is voltooi. Volgens die Staat is hulle gereed dat die drie beskuldigdes Edward Nkata en Rachel Kureva, Natalie se ouers, en Caroline Nkata, die vrou van Edward, pleit. Die saak sal dan oorhandig word aan die Aanklaer-Generaal vir ‘n besluit oor die klagtes. Volgens die […]

Read More