Almal kort droogtehulp, nie net boere nie – Ivula-Ithana

Daar word geprojekteer dat gedurende die tydperk Oktober 2023 tot Maart 2024, die aantal mense in die land wat voedselonsekerheid ervaar verder sal styg tot sowat 695 000, of ongeveer 26 persent van die bevolking. Namibië het ondernormale en sporadiese reënval ervaar. Die droogtehulpprogram teiken droogtegeteisterde boere in landelike gebiede wat van bestaansboerdery afhanklik is, terwyl begunstigdes in een huishouding nie gesamentlik meer as 2 800 Namibiese dollar per maand in maatskaplike toelaes mag ontvang nie, anders kry hulle nie verdere staatshulp nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Pendukeni Ivula-Ithana, ‘n boer van die Omusati-streek, gepraat wat sê die regering moet nie net boere oorweeg wanneer hulle droogtehulp verskaf nie.