ASYCUDA af tussen 14:00 en 21:00 vandag

NamRA sê die internasionale doeanestelsel, ASYCUDA-World sal vandag tussen twee-uur vanmiddag en nege-uur vanaand plaaslik onbeskikbaar wees as gevolg van instandhouding wat op die sisteem uitgevoer word. Die inkomste-agentskap sê hy werk daaraan om die stelsel te optimiseer vir beter dienslewering en verdere onderbrekings word in die verband verwag maar, belanghebbendes sal vooraf ingelig word oor enige onderbrekings. Die stelsel hanteer alle doeane dokumentasie en samel ook handelsdata in.