Burkina, Rosatom stem in om kernkragstasie te bou

Burkina Faso en die Russiese staatskernkrag-maatskappy Rosatom het ‘n memorandum van verstandhouding onderteken vir die konstruksie van ‘n kernkrag aanleg in die land. Dit sal volgens berigte die land in staat stel om aan sy energiebehoeftes te voorsien. Die ooreenkoms volg op ‘n versoek wat deur die Burkina Faso-juntaleier, kaptein Ibrahim Traore, aan die Russiese president Vladimir Putin gerig is tydens die Rusland-Afrika-beraad in St. Petersburg in Julie. Traore, wat die mag in ‘n militêre staatsgreep in September 2022 oorgeneem het, het nader aan Rusland beweeg namate sy verhouding met sy voormalige koloniale mag Frankryk versuur het.