Regering werk nie reg met landbouers nie

ActionSA het die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling se hantering van gekwalifiseerde landbouers veroordeel. Die departement het verlede jaar assistent-landbouers gehuur onder die voorwendsel dat hulle met verloop van tyd permanent aangestel sal word. Mpumi Edward van ActionSA sê hulle is aanvanklik ʼn drie jaar kontrak beloof, maar die departement het sy belofte verbreek. Sy sê hulle het kontrakte vir drie maande gekry wat later onbepaald opgeskort is: