Bokke dring deur na spannende wedstryd teen Frankryk

Die verdedigende kampioene, die Springbokke, is deur na die Wêreldbeker-halfeindstryd ná hul naelskraapse oorwinning van 29-28 oor die gasheer Frankryk in Parys. In ‘n opwindende eerste helfte het albei kante drie drieë aangeteken, maar ‘n Thomas Ramos-strafskop het die gasheer teen rustyd ‘n voorsprong van 22-19 besorg. Frankryk het in die tweede helfte nog drie verdere punte bygevoeg totdat Eben Etzebeth ‘n vierde Suid-Afrikaanse drie gedruk het. Handrè Pollard se lang strafdoel was ‘n spyker in die doodskis, en hoewel nog ‘n Ramos-strafskop die punteverskil tot ‘n skrale punt verminder het, was dit nie genoeg vir die Franse nie. Speler van die Wedstryd Mbongeni Mbonambi sê dit was ‘n spanpoging: