Okh-boere sat vir Nampol se veediefstaleenheid… vergader met Shikongo

Die boere van die Okahandja-distrik het ‘n vergadering Maandag versoek met Joseph Shikongo, die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie. Die vergadering sal dringende klagtes oor die Veediefstaleenheid Okahandja bespreek. Wild- en veediefstal bly ‘n groot uitdaging ondanks ontmoeting ná ontmoeting tussen die Namibiese polisie en boere. Tussen Mei 2021 en April 2023 is byna 23 800 vee gesteel en tussen Mei 2021 en Mei 2022 is meer as 2 400 veediefstalsake aangemeld. Kosmos 94.1 Nuus het met Hakkies Husselman, ‘n boer in die Okahandja-distrik, gesels oor hoekom hierdie vergadering belangrik is.