NPI se pryse op met 12%

Namib Poultry Industries het aangekondig dat hy op 26 April die prys van al sy hoender produkte met 12 persent verhoog. Luidens ‘n verklaring sê die maatskappy dat hy in die afgelope 30 maande geen prysverhoging aangebring het nie en het die stygende kostes self absorbeer. Maar, die koste van graan het met 60 persent […]

Read More

4 bestuurders by NHE geskors

Die Nasionale Behuisingsonderneming se Hoof Uitvoerende Beampte Gisbertus Mukulu het 4 bestuurders geskors vir verskeie redes wat inmenging met die bestuur van die maatskappy insluit. Die Bestuurder van Korporatiewe Kommunikasie Eric Limbogani, die Bestuurder vir Inligting Kommunikasie Ntelamo Ntelamo, en die Finansiële Bestuurder Beverly Vugs. Ntelamo het aan plaaslike media gesê sy skorsing het hom […]

Read More

Covid het wesenlike impak op herwinning

Die Covid-19 pandemie het meer as ooit tevore uitgewys dat daar ‘n groot behoefte is aan ‘n verbeterde, veerkragtige afvalbestuur-stelsel. So ‘n stelsel behoort te help om voortgesette goeie gesondheid en veiligheid vir alle burgers te verseker, terwyl dit ook die ekonomie en die omgewing bevoordeel. Dit is een van die bevindings van die Wêreld-natuurfonds […]

Read More

Whk oudit nog

Stad Windhoek se oudit op munisipale dienste is nog nie voltooi nie. Die oudit het reeds op 8 Maart begin en kyk na aspekte van dienste gelewer teenoor fakture wat vir die dienste geskep word. Die Hoof van Kommunikasie by Stad Windhoek Harold Akwenye sê al die data moet nog ingevorder word…

Read More

Hofsaak oor erwe weer vertraag

Die eksepsie in die saak waar Job Amupanda, die leier van die Regstellende Hersposisionering Beweging, die Namibiese regering en President Hage Geingob dagvaar om 200 000 erwe te diens en beskikbaar te stel oor die volgende 2 jaar, is deur Regter Orben Sibeya van die hand gewys. Die respondente het kapsie gemaak oor Amupanda se […]

Read More

Vrou vas vir N$1,5m metamfetamien

‘n Vrou is by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe betrap met 1,5 miljoen Namibiese doller se metamfetamien wat sy na Brasilië probeer uitsmokkel het. Inligting oor die voorval is skraps maar plaaslike media berig dat die voorval Woensdag plaasgevind het en dat die dwelms versteek was in die vrou se bagasie. Honde het die dwelms […]

Read More

NEEEF sal armoede nie uitwis nie

Terwyl hy nie direk melding gemaak het van NEEEF nie het President Hage Geingob tydens sy Staatsrede gesê ‘n beleid met ‘n breë basis is nodig om armoede te bekamp en uit te wis. Eben de Klerk van die Ekonomiese Beleid Navorsing Vereniging sê NEEEF kan nie armoede bekamp nie. Hy het sy siening oor […]

Read More

Seun, 13, in Chicago deur polisie doodgeskiet

Die Burgemeester van Chicago, Lori Lightfoot, het ‘n oproep gedoen om kalmte en vrede nadat beeldmateriaal uitgereik is van die lyfkamera van ‘n polisiebeampte wat die 13-jarige Adam Toledo in die stad geskiet het. Die voorval verlede maand het opnuut tot openbare onrus gelei. Media berig die video wys hoe die polisieman skree “laat val […]

Read More

Zuma se versuim was te verwagte

Die Suid-Afrikaanse Politieke Ontleder Ralph Mathekga sê dit is geen verrassing dat Oudpresident Jacob Zuma die versoek van die Konstitusionele Hof verontagsaam het om ‘n verklaring oor ‘n gepaste straf vir hom in te dien nie. Zuma moes dokumente indien waarin hy sê wat hy as ‘n gepaste straf bestempel, indien hy aan minagting van […]

Read More

Inflasie: vleis, vrugte skiet die hoogte in

Inflasie syfers vir Maart is bekend. Inflasie het gestyg tot 3,1 persent verlede maand met ‘n toename van 0,5 persent in die sogenaamde mandjie. Op ‘n jaargrondslag, het die koste 6 van die 12 items in die mandjie vinniger gestyg as in Februarie. Oor die algemeen het pryse vir goedere met 3,9 persent gestyg en […]

Read More