Zuma se versuim was te verwagte

Die Suid-Afrikaanse Politieke Ontleder Ralph Mathekga sê dit is geen verrassing dat Oudpresident Jacob Zuma die versoek van die Konstitusionele Hof verontagsaam het om ‘n verklaring oor ‘n gepaste straf vir hom in te dien nie. Zuma moes dokumente indien waarin hy sê wat hy as ‘n gepaste straf bestempel, indien hy aan minagting van die hof skuldig bevind sou word vir sy verontagsaming van die hof se bevel om voor die staatskapingskommissie te getuig. Zuma het in ‘n brief aan die hof die bevel as ‘n politieke foefie beskryf. Mathekga sê die Konstitusionele Hof moes in die eerste plek nie dié weg gevolg het nie: