Seun, 13, in Chicago deur polisie doodgeskiet

Die Burgemeester van Chicago, Lori Lightfoot, het ‘n oproep gedoen om kalmte en vrede nadat beeldmateriaal uitgereik is van die lyfkamera van ‘n polisiebeampte wat die 13-jarige Adam Toledo in die stad geskiet het. Die voorval verlede maand het opnuut tot openbare onrus gelei. Media berig die video wys hoe die polisieman skree “laat val dit”, voordat hy Toledo een skoot in die bors skiet. Geen wapen is egter by Toledo sigbaar nie. Die wit polisieman is geïdentifiseer as die 34-jarige Eric Stillman. Lightfoot sê dit was ‘n foltering om na die beeldmateriaal te kyk: