NEEEF sal armoede nie uitwis nie

Terwyl hy nie direk melding gemaak het van NEEEF nie het President Hage Geingob tydens sy Staatsrede gesê ‘n beleid met ‘n breë basis is nodig om armoede te bekamp en uit te wis. Eben de Klerk van die Ekonomiese Beleid Navorsing Vereniging sê NEEEF kan nie armoede bekamp nie. Hy het sy siening oor die wetsontwerp so aan Kosmos 94.1 Nuus gestel.