Vrou vas vir N$1,5m metamfetamien

‘n Vrou is by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe betrap met 1,5 miljoen Namibiese doller se metamfetamien wat sy na Brasilië probeer uitsmokkel het. Inligting oor die voorval is skraps maar plaaslike media berig dat die voorval Woensdag plaasgevind het en dat die dwelms versteek was in die vrou se bagasie. Honde het die dwelms uitgesnuffel. Die vrou het volgens die polisie gesê sy het die tas gekry by ‘n plaaslike vrou om Brasilië toe te vat. Geen verdere inligting is bekend nie en dit is nie seker wanneer sy in die hof sal verskyn nie. Die polisie se ondersoek duur voort.