Inflasie: vleis, vrugte skiet die hoogte in

Inflasie syfers vir Maart is bekend. Inflasie het gestyg tot 3,1 persent verlede maand met ‘n toename van 0,5 persent in die sogenaamde mandjie. Op ‘n jaargrondslag, het die koste 6 van die 12 items in die mandjie vinniger gestyg as in Februarie. Oor die algemeen het pryse vir goedere met 3,9 persent gestyg en die prys vir dienste met 2,1 persent. Voedsel en nie-alkoholiese drankies het met 3,1 persent duurder geword. Hieronder het die prys van vleis met 13,33 persent geklim, vrugte met 10,73 persent en olies en vette met 9,37 persent. Die stygings is op ‘n jaargrondslag gemeet.