Hofsaak oor erwe weer vertraag

Die eksepsie in die saak waar Job Amupanda, die leier van die Regstellende Hersposisionering Beweging, die Namibiese regering en President Hage Geingob dagvaar om 200 000 erwe te diens en beskikbaar te stel oor die volgende 2 jaar, is deur Regter Orben Sibeya van die hand gewys. Die respondente het kapsie gemaak oor Amupanda se eis teen hulle en meen van die bepalings daarin is vaag. Amupanda sê die erwe moet beskikbaar gestel word of alternatiewelik sê hy die regering moet verseker dat ‘n totaal van 200 000 erwe gediens en beskikbaar gestel word vanaf 24 Julie 2015, tot op hede. Die regering het kennis gegee van ‘n aansoek vir verlof tot appèl teen Sibeya se beslissing en dus, is die saak weer vertraag. Die partye sal vandag voor Sibeya verskyn. Die regter wil bepaal hoe die saak so vinnig as moontlik afgehandel kan word. Amupanda het op 24 Julie 2015 met die regering en Geingob ooreengekom dat 200 000 erwe beskikbaar gestel sou word. Volgens Amupanda is ‘n skamele 15 000 erwe landswyd beskikbaar gestel.