Covid het wesenlike impak op herwinning

Die Covid-19 pandemie het meer as ooit tevore uitgewys dat daar ‘n groot behoefte is aan ‘n verbeterde, veerkragtige afvalbestuur-stelsel. So ‘n stelsel behoort te help om voortgesette goeie gesondheid en veiligheid vir alle burgers te verseker, terwyl dit ook die ekonomie en die omgewing bevoordeel. Dit is een van die bevindings van die Wêreld-natuurfonds se verslag oor hoe die herwinnings-bedryf deur die pandemie beïnvloed word. ‘n Navorser, Lethabo Paloto, sê informele vullis-deursoekers is tydens inperking veral swaar getref: