NPI se pryse op met 12%

Namib Poultry Industries het aangekondig dat hy op 26 April die prys van al sy hoender produkte met 12 persent verhoog. Luidens ‘n verklaring sê die maatskappy dat hy in die afgelope 30 maande geen prysverhoging aangebring het nie en het die stygende kostes self absorbeer. Maar, die koste van graan het met 60 persent in die afgelope 8 maande toegeneem met geel mielies wat met 68 persent gestyg het in die tydperk. Plastiek en verpakking tekorte het die pryse met 30 persent in die afgelope 12 maande opgestoot en die pryse van brandstof wat ook onlangs gestyg het, het ‘n impak. NPI se suster maatskappy Namib Meulens het onlangs die pryse van sy koring-produkte opgestoot.