4 bestuurders by NHE geskors

Die Nasionale Behuisingsonderneming se Hoof Uitvoerende Beampte Gisbertus Mukulu het 4 bestuurders geskors vir verskeie redes wat inmenging met die bestuur van die maatskappy insluit. Die Bestuurder van Korporatiewe Kommunikasie Eric Limbogani, die Bestuurder vir Inligting Kommunikasie Ntelamo Ntelamo, en die Finansiële Bestuurder Beverly Vugs. Ntelamo het aan plaaslike media gesê sy skorsing het hom verbaas. Hy sê hy oorweeg nog sy opsies. ‘n Ondersoek sal nou geloods word en dissiplinêre aksie sal geneem word indien die ondersoek ongerymdhede bewys. Die skorsing handel oor die ope brief wat kommer oor die bestuur van die maatskappy uitgelig het. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle die beeld van die maatskappy geskend het en gepoog het om Mukulu uit sy pos te verwyder.