Jonas staar poging tot moord in die gesig

Die Erongo polisie het bevestig dat die Olimpiese bokser Jonas Junias Jonas in die Landdroshof in Swakopmund verskyn het op verskeie klagte wat poging tot moord, oortreding van Covid-maatreëls en meer insluit. Hy het volgens owerhede ‘n lid van die publiek aangerand en later met lede van die polisie baklei. Hy is in aanhouding en […]

Read More

Lühl regspan sê dis nie verby nie

Die regsverteenwoordiger vir Phillip Lühl, Uno Katjipuka, sê hulle sal die beslissing van Regter Thomas Masuku bestudeer en besluit op hulle volgende stappe. Lühl se aansoek om die Minister van Binnelandse Sake Frans Kapofi te dwing om reisdokumente aan sy tweeling dogters wat deur ‘n surrogaat gebore is te verskaf, is vandag van die hand gewys. Katjipuka het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat….   […]

Read More

Mboma moet opkkikkertoets deurmaak

Die Namibiese Minister van Sport Agnes Tjongarero het pas in die Nasionale Vergadering aangekondig dat Christine Mboma gedwing word om ‘n opkikkertoets te neem. Mboma het die naweek tydens die Namibiese senior atletiekkampioenskappe in die hoofstad ‘n nuwe onder-20-wêrelrekord in die 400 meter-naelloop opgestel in ‘n tyd van 49.22 sekondes. Sy het haar eie nuwe […]

Read More

Lüderitz verdrinking: ouers moet kinders beter versorg

Ouers moet versigtig wees oor waar kinders hulle tyd buite skool spandeer. Daar was weer ‘n verdrinking die naweek by Lüderitz met ‘n 15-jarige seun wat sy lewe verloor het. Adjudant Offisier Muindia Kenehama van die Lüderitz polisie het weer ‘n beroep op ouers gedoen….

Read More

Kaapse brand is staties

Die verwoestende brand in Kaapstad is tans staties en word tot ‘n sekere gebied beperk. Die nuus is bevestig deur die Burgemeester Komiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, wat waarsku dat die toestand enige oomblik kan verander weens die heersende suidoostewind. Die lugmag het vroeër sy lugbronne op bystand geplaas om te help met […]

Read More

2,36 miljoen kubiek die week uit Hardap gepomp

Daar is 2,36 miljoen kubieke meter water uit Hardapdam in die afgelope week gepomp. Volgens NamWater se jongste dam bulletin staan die dam tans op 69,4 persent. In die suide is waterbronne tans op 92,6 persent met Naute by Keetmanshoop wat 103,1 persent water het en Neckartal was steeds op 100,4 persent gemeet word. In […]

Read More

Moet ons nie probeer intimideer nie – Zondo

Die Voorsitter van die staatskapingskommissie, Regter Raymond Zondo, het ‘n ernstige waarskuwing uitgereik dat die kommissie deur niemand geïntimideer sal word nie. Dit volg nadat ‘n inbraak by die kommissie se kantore in Parktown, Johannesburg die naweek aangemeld is. Die inbraak volg slegs ‘n week nadat daar glo op die kommissie se biblioteek geskiet is. […]

Read More

Shikongo het met die boere gesels

‘n Polisie afvaardiging het oor die naweek boere van in die Omitara gebied ontmoet om te gesels oor uitdagings met misdaad, veral veediefstal. Die afvaardiging is gelei die Generaal-Majoor Joseph Shikongo, die Hoof van Nampol se Operasies. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…

Read More

Kapenaars vat hande

Kaapstad se inwoners staan bankvas agter die stad se brandbestryders en humanitêre pogings om hulp te verleen ná die verwoestende brand wat gisteroggend op Tafelberg uitgebreek het. Honderde brandbestryders sukkel om die brand onder beheer te bring terwyl ‘n sterk suidooster pogings belemmer en veroorsaak het dat alle hulp uit die lug uit opgeskort moes […]

Read More

Patrollies op buurland se grense sal verskerp

Die Suid-Afrikaanse Departement van Gemeenskapsveiligheid en Skakeling in Mpumalanga sê die polisie en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sal sy patrollies by die grense met eSwatini en Mosambiek verskerp om die aantal mense wat die land onwettig binnekom, te beperk. Die Woordvoerder, Moeti Mmusi, sê sedert die Paasvakansie het hulle 350 mense in hegtenis geneem wat […]

Read More