Cleanergy vorder uiters goed

Cleanergy Solutions Namibia, ‘n gesamentlike onderneming tussen Ohlthaver & List en CMB.TECH, is die eerste groen waterstofproduksieterrein van sy soort in Afrika. Die waterstofproduksie-aanleg in Walvisbaai sal sonkrag gebruik vir waterstofproduksie. Dit word ontwikkel as ‘n buigsame projek wat maklik uitgebrei kan word deur ander aktiwiteite en tegnologieë te gebruik. Die terrein word vanoggend ingewy. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Ziyavi Chiguvare, direkteur van die Namibiese Groen Waterstof Navorsingsinstituut, oor die status van die aanleg gepraat.