Patrollies op buurland se grense sal verskerp

Die Suid-Afrikaanse Departement van Gemeenskapsveiligheid en Skakeling in Mpumalanga sê die polisie en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sal sy patrollies by die grense met eSwatini en Mosambiek verskerp om die aantal mense wat die land onwettig binnekom, te beperk. Die Woordvoerder, Moeti Mmusi, sê sedert die Paasvakansie het hulle 350 mense in hegtenis geneem wat die land onwettig binnegekom het. Mmusi sê die departement is bewus van ‘n groep mense wat die onwettige beweging van mense in die land moontlik maak en sê dit is ‘n oortreding van die Wet op Immigrasie.