2,36 miljoen kubiek die week uit Hardap gepomp

Daar is 2,36 miljoen kubieke meter water uit Hardapdam in die afgelope week gepomp. Volgens NamWater se jongste dam bulletin staan die dam tans op 69,4 persent. In die suide is waterbronne tans op 92,6 persent met Naute by Keetmanshoop wat 103,1 persent water het en Neckartal was steeds op 100,4 persent gemeet word. In die sentrale gebied is daar 430 000 kubieke meter water uit Von Bach gepomp en die dam is tans op 79,3 persent. Swakoppoort is 97,4 persent vol en Omatako staan op 91,8 persent. Otjivero in die ooste is 56,5 persent vol met die slukdam op 12,2 persent. Tilda Viljoen het 72,2 persent van kapasiteit en Daan Viljoen 99 persent. Bronne vir die ooste is tans op 40,5 persent.