Sewes: Snyman optimisties oor top-vier uitslag

Die Springbok Sewes se hoofafrigter, Philip Snyman, sê hy is optimisties oor ‘n top-vier-uitslag in die Singapoerse sewestoernooi dié naweek. Die Blitsbokke pak Spanje, Samoa en Frankryk in hul groep. Snyman sê om ervare Blitsbokke soos Siviwe Soyizwapi, Dylan Sage en Rosko Specman terug te hê, is ‘n groot hupstoot vir die span: