Kapenaars vat hande

Kaapstad se inwoners staan bankvas agter die stad se brandbestryders en humanitêre pogings om hulp te verleen ná die verwoestende brand wat gisteroggend op Tafelberg uitgebreek het. Honderde brandbestryders sukkel om die brand onder beheer te bring terwyl ‘n sterk suidooster pogings belemmer en veroorsaak het dat alle hulp uit die lug uit opgeskort moes word. Die Shoprite-groep samel skenkings in terwyl die organisasie Gift of the Givers ook ingespring het om studente van die Universiteit van Kaapstad by te staan wat gister hulle koshuise moes verlaat. Die instelling vra dat skenkings inbetaal word by bankrekeninge op sy webtuiste. Mense wat op diere afkom wat hulp nodig het, word gevra om die DBV te skakel.