Lühl regspan sê dis nie verby nie

Die regsverteenwoordiger vir Phillip Lühl, Uno Katjipuka, sê hulle sal die beslissing van Regter Thomas Masuku bestudeer en besluit op hulle volgende stappe. Lühl se aansoek om die Minister van Binnelandse Sake Frans Kapofi te dwing om reisdokumente aan sy tweeling dogters wat deur ‘n surrogaat gebore is te verskaf, is vandag van die hand gewys. Katjipuka het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat….  

Die Gelyke Regte Beweging het ook te kenne gegee dat ‘n verklaring in verband met die uitspraak later vanaand gedoen sal word. Die beweging het onderneem om die saak verder te vat en hulle te beywer vir gelyke regte vir alle Namibiërs.