Moet ons nie probeer intimideer nie – Zondo

Die Voorsitter van die staatskapingskommissie, Regter Raymond Zondo, het ‘n ernstige waarskuwing uitgereik dat die kommissie deur niemand geïntimideer sal word nie. Dit volg nadat ‘n inbraak by die kommissie se kantore in Parktown, Johannesburg die naweek aangemeld is. Die inbraak volg slegs ‘n week nadat daar glo op die kommissie se biblioteek geskiet is. Zondo sê albei voorvalle is by die polisie aangemeld. Hy voeg by diegene wat probeer om hul werksaamhede te ondermyn, moet eers goed daaroor nadink: