Kaapse brand is staties

Die verwoestende brand in Kaapstad is tans staties en word tot ‘n sekere gebied beperk. Die nuus is bevestig deur die Burgemeester Komiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, wat waarsku dat die toestand enige oomblik kan verander weens die heersende suidoostewind. Die lugmag het vroeër sy lugbronne op bystand geplaas om te help met brandbestrydings-pogings uit die lug sodra die weer dit toelaat. Die lugmag se Oryx-helikopters kan ‘n watervrag van twee duisend liter dra.