Oeps, salarisse te vroeg uitbetaal

Onderwysers en lede van die Namibiese polisie het vervroegde salarisbetalings ontvang toe die Ministerie van Finansies die betalings foutiewelik op 17 April, in plaas van die gebruiklike 20ste van elke maand, geprosesseer het. Tonateni Shidhudhu, Woordvoerder by die ministerie..

Read More

Dis hoekom tamaties so duur is…

Namibiërs sou agtergekom het dat die prys van tamaties, nes meeste ander produkte, gestyg het maar, tamaties het ‘n noemenswaardige verhoging gehad. Dr Johnny van der Merwe ‘n Landbou Ekonoom en Senior Dosent aan die Noordwes Universiteit het dit redes daarvoor so verwoord…

Read More

Meatco besoek Ghana

‘n Afvaardiging van Meatco bring die week besoek aan Ghana om moontlike handelsooreenkomste vir die uitvoer van Namibiese vleis en vleisprodukte na die land te beding. Die Uitvoerende Direkteur van die Namibiese Ministerie van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Penda Naanda, fasiliteer die besoek. Hy het bekendgemaak dat die ministerie met aktiewe diplomasie sal voortgaan om […]

Read More

AR verwelkom huurraad

President Hage Geingob het in sy Staatsrede aangekondig dat ‘n huurraad daargestel sal word. Daar is vroeër beroepe gedoen vir so raad om te verhoed dat huurders uitgebuit word en om standaarde van eiendomme te huur vas te stel. Die Regstellende Herposisionering Beweging het hom ook vir so raad beywer en sy Woordvoerder, Simon Amunime […]

Read More

Kitshoff bly aan by WP

Die ervare stut, Steven Kitshoff, het sy kontrak met Westelike Provinsie se beroepsrugby-unie met drie jaar verleng en is ook as die Stormers se nuwe kaptein aangewys. Salmaan Moerat is die nuwe onder-kaptein. Kitshoff het sy debuut vir die Stormers in 2012 gemaak en het sedertdien 101 keer vir die span uitgedraf. Die hoof-afrigter van […]

Read More

Tweeling mag nie huistoe kom nie

Reaksie word ontvang op Regter Thomas Masuku se beslissing dat die besluit van die Ministerie van Binnelandse Sake om nie reisdokumente aan ‘n gay egpaar se tweeling dogters te voorsien nie, gehandhaaf is. Phillip Lühl het die aansoek namens hom en sy man Guillermo Delgado gebring. Die tweeling is tans in Suid-Afrika waar hulle deur […]

Read More

Kaapse brande: man vas

Die Stad Kaapstad sê ‘n verdagte in sy 30’s is naby Duiwelspiek aangekeer in verband met die voortslepende brande. Die brand wat gisteroggend naby die Rhodes-gedenkteken uitgebreek het, het nou in die rigting van Vredehoek versprei. Die Burgemeester Komiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê ‘n inwoner het die verdagte opgemerk en hom met […]

Read More

Duiwelspeik ontruim

Stad Kaapstad se brand- en reddingsdienste sê die verwoestende veldbrand het nou in die rigting van Vredehoek versprei weens die suidoostewind wat vanoggend waai. Woordvoerder Jermaine Carelse sê die wind het teen twee-uur vanoggend begin sterker word en bykomende brandslaners is nou in die Pepper Tree- en Chelmsford-gebiede ontplooi. Hy sê die gebiede is as […]

Read More

Duiwelspeik ontruim

Stad Kaapstad se brand- en reddingsdienste sê die verwoestende veldbrand het nou in die rigting van Vredehoek versprei weens die suidoostewind wat vanoggend waai. Woordvoerder Jermaine Carelse sê die wind het teen twee-uur vanoggend begin sterker word en bykomende brandslaners is nou in die Pepper Tree- en Chelmsford-gebiede ontplooi. Hy sê die gebiede is as […]

Read More

Mboma is Namibië se liefling!

Die Namibiese Minister van Sport Agnes Tjongarero het gereageer op Christine Mboma wat die naweek tydens die Namibiese senior atletiekkampioenskappe in die hoofstad ‘n nuwe onder-20-wêrelrekord in die 400 meter-naelloop opgestel het in ‘n tyd van 49.22 sekondes. Sy het haar vorige rekord van 49.24 sekondes verbeter. Tjongarero…

Read More