Jonas staar poging tot moord in die gesig

Die Erongo polisie het bevestig dat die Olimpiese bokser Jonas Junias Jonas in die Landdroshof in Swakopmund verskyn het op verskeie klagte wat poging tot moord, oortreding van Covid-maatreëls en meer insluit. Hy het volgens owerhede ‘n lid van die publiek aangerand en later met lede van die polisie baklei. Hy is in aanhouding en sy saak is tot 5 Mei uitgestel vir verdere ondersoek. Jonas het in 2016 in Rio de Janeiro tydens die Olimpiese Spele ook die nuus gehaal toe daar klagtes van onsedelike aanranding teen hom gebring is deur ‘n skoonmaker. Hy is vrygespreek. Adjudant Offisier Ileni Shapumba het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.