Olifante het ook gunsteling natmaakgat…

Nuwe navorsing toon dat die verspreiding van olifante, veral in die Krugerwildtuin, deur ‘n aantal faktore rakende die landskap beïnvloed word, insluitend die soort waterbronne. Die navorsing verwys na die wyse waarop sekere waterbronne vir sekere olifante aantrekliker is. Dit toon ook hoe die digtheid van bome, die geologie van die gebied en boomspesies die […]

Read More

Inbraak by Zondo-kommissie word ondersoek

Die Zondo-kommissie in Suid-Afrika sê die inbraak die afgelope naweek by sy kantore in Parktown , Johannesburg sal hom nie van stryk bring nie. Die Suid-Afrikaanse polisie is besig met ‘n ondersoek nadat daar by die kantore ingebreek en rekenaars gesteel is. Amptenare van die kommissie probeer nou vasstel of enige dokumente ook gesteel is. […]

Read More

Parys-ooreenkoms moet nagekom word, China en VSA werk saam

Amerika en China het hulle verbind tot die stryd teen klimaatsverandering. Die Amerikaanse spesiale gesant vir klimaatsverandering John Kerry het dit bekendgemaak na ‘n besoek aan die land. Volgens hom is dit belangrik dat die Parys Ooreenkoms oor klimaatsverandering nougeset nagekom moet word en dat die Glasgow konferensie later vanjaar deur soveel lande moontlik bygewoon […]

Read More

Universiteit Kaapstad moet toetsreeks opskort

Die Suid-Afrikaanse onderwys-aktivis Hendrick Makaneta doen ‘n beroep op die Universiteit van Kaapstad om alle semestertoetse onmiddellik op te skort. Dit volg nadat die universiteit gister ontruim moes word nadat ‘n weghol-bergbrand ondermeer die restaurant by die Rhodes Gedenkteken en dele van die universiteit, waaronder die biblioteek, verwoes het. Makaneta sê die universiteit moet ook […]

Read More

Hoogverraad teen Swartbooi, Seibeb

Die Hoof van President Hage Geingob se sekuriteit Johan Ndjaronguru het ‘n saak van hoogverraad teen beide Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb gemaak na die insident in die Nasionale Vergadering tydens die Staatsrede. Swartbooi is gevra om die Huis te verlaat na chaos tydens die vra en antwoord sessie en is uit begelei. Seibeb het […]

Read More

Wetgewing nie genoeg om kinders te beskerm nie

Die Namibiese Kinderadvokaat Ingrid Husselmann sê dit is onvoldoende om ‘n goeie regsraamwerk vir kinderbeskerming te hê en meer moet plaaslik gedoen word om dit te implementeer en kinders te beskerm. Volgens Husselmann word Namibiese kinders op ‘n jong ouderdom in die werk gesteek en terwyl daar genoegsame wette is wat kinders hiervan beskerm. In […]

Read More

147 massa-skietvoorvalle sedert Januarie in VSA

Die polisie in Austin, Texas, soek na ‘n man wat vermoedelik gister drie mense in ‘n woonstelkompleks in die stad doodgeskiet het. Die verdagte is ‘n gewese speurder van die Travis-polisiekantoor wat in Junie verlede jaar van die seksuele aanranding van ‘n kind aangekla is. Minstens 147 massa-skietvoorvalle is sedert die begin van die jaar […]

Read More

Kavango: geen hidrobreking sal benut word nie

Hidrobreking, wat die grootste kommer vir omgewing bewustes is, sal nie in die Kavango gebied toegepas word nie. Die Kanadese maatskappy ReconAfrica wat op die oomblik eksplorasie daar uitvoer, sê die uitslae van die eerste opnames toon dat die bronne nie deur hidrobreking ontgin sal word nie. Intussen het die maatskappy se Hoof Uitvoerende Beampte […]

Read More

Olifante trap vermeende stroper dood

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke sê ‘n vermeende stroper is in die Krugerwildtuin dood en van sy medepligtiges is gearresteer. Die oorledene en sy makkers het van veldwagters weggevlug maar tussen ‘n trop olifante beland. Veldwagters was op ‘n roetine-patrollie in die Phabeni-omgewing toe hulle spore gevind en die verdagtes agtervolg het. Die Woordvoerder van SANParke, […]

Read More

Lühl-uitspraak vandag verwag

Uitspraak word vandag gelewer in die dringende aansoek deur Phillip Lühl om die Minister van Binnelandse Sake Frans Kapofi te dwing om sy tweeling dogters wat deur ‘n surrogaat in Suid-Afrika gebore is met noodreisdokumente te verskaf. Die kinders is sedert hulle geboorte steeds in Suid-Afrika. Die saak het groot reaksie uitgelok met verskeie protesoptredes […]

Read More