NSRI red 22 vissermanne in Tafelbaai

Die Nasionale Seereddingsinstituut word geloof vir die redding van 22 Kaaptadse vissermanne in moeilike omstandighede verskeie kilometers van die kus af in die Tafelbaai-hawe-omgewing. NSRI Houtbaai en NSRI Tafelbaai se bemanning is vroeër die naweek op ‘n gereedheidsgrondslag geplaas toe verneem is ‘n langlynvistreiler begin water skep. Craig Lambinon van die NSRI sê die situasie het versleg namate seetoestande verander het.