Groot VRK oorwinnings vir Stormers, Bulle

Rugby: Na agtereenvolgende tuisnederlae in die Verenigde Rugby-kampioenskappe was die Stormers gisteraand in Kaapstad weer op koers met ‘n bonuspunt-oorwinning van 42-12 teen Leinster. Die Stormers is nou vyfde op die punteleer. Op Loftus het Kurt-Lee Arendse en Canan Moodie beide vir die Bulle twee drieë teen die Ospreys ingeryg. Die Bulle se 61-24 bonuspunt-sege het aan hulle die derde plek op die punteleer besorg. En op Ellispark het die verdedigende kampioene van die VRK, Munster, die Leeus met 33-13 ore aangesit en die tuisspan se kanse op ‘n uitspeelwedstryd belemmer.