Mboma, Hainuca blink uit by Senior Atletiekkampioenskappe

Christine Mboma het by die Senior Atletiekkampioenskappe wat by die Onafhanklikheidstadion in Windhoek gehou is die 200 meter nasionale titel in 24.11 sekondes gewen. Mboma het ook die 100 meter-titel gewen met ‘n tyd van 11.61 sekondes. In die 100 meter vir mans het Gilbert Hainuca die titel in ‘n blitsvinnige 9.86 sekondes gewen, wat Frank Fredericks se Namibiese rekord ewenaar. Hainuca het vir die 2024 Olimpiese Spele in Parys, Frankryk gekwalifiseer.