Bevindings van Marshalltown brandondersoek moet toegepas word

Die vakbondfederasie Saftu sê die aanbevelings in die Khampepe-ondersoekkommissie se verslag moet vinnig toegepas word. Die kommissie het die brand in die Usindiso-gebou ondersoek waarin 77 hoofsaaklik buitelandse burgers in Augustus verlede jaar dood is. Die Stad Johannesburg en sy entiteite se aanspreeklikheid vir die sterftes is onder andere ondersoek. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê mense moet aanspreeklik gehou word vir die tragedie: