‘Phishing”-slenters neem onrusbarend toe

TransUnion sê die 2024 Omnichannel-bedrogverslag toon dat 65 persent van Namibiese verbruikers sê dat hulle tussen September en Desember verlede jaar deur slenters geteiken is. Dit is aansienlik hoër as in die 2023 verslag, toe 34 persent gesê het hulle is geteiken. Die peiling toon dat ‘phishing’-pogings die meeste voorgekom het. Phising is waar swendelaars […]

Read More

Dodetal in George-ramp styg

Die George-munisipaliteit sê ʼn konstruksiewerker wat in die hospitaal opgeneem is nadat ʼn gebou Maandag in dié dorp ingetuimel het, is dood. Dit bring die sterftesyfer nou op nege te staan. Die reddingsoperasie duur reeds 88 uur en kenners sê die oorlewingskoers van die 44 werkers wat steeds onder puin vasgekeer is, het tot sowat […]

Read More

Gee staatsgrond vir behuising, Cyril

Behuisingsaktiviste in Kaapstad sê president Cyril Ramaphosa moet die Wet op die Beskikking oor Staatsgrond van 1961 gebruik om staatsgrond vir behuising beskikbaar te stel. Hulle het 12 bykomende aansoeke by die Departement van Openbare Werke ingedien sodat staatsgrond vir bekostigbare behuising vrygestel word. Die aktiviste het reeds 32 stukke grond in Gauteng, KwaZulu-Natal en […]

Read More

VN-agentskap sê 80 000 mense het Rafah sedert Maandag verlaat

Die Verenigde Nasies se Hulp- en Werksagentskap vir Palestynse Vlugtelinge in die Nabye-Ooste sê sowat 80 000 mense het sedert Maandag uit Rafah in Gaza gevlug. Die Israelse weermag het sy bomaanvalle op die stad verskerp. Daar was gister volgens berigte minstens 20 lugaanvalle en 12 aanvalle met tenks. Die VN-agentskap sê mense in Rafah […]

Read More

NUST ondersoek seks-vir-punte bewerings

NUST is besig om ernstige aantygings van seksuele teistering teen ‘n senior lektor te ondersoek. Verskeie vroulike studente het klagtes ingedien by die universiteit se menslike hulpbronne-department, volgens plaaslike berigte. Die lektor het na bewering seks-vir-punte aan vroulike studente aangebied. Die laaste voorval het na bewering verlede maand plaasgevind. Die lektor is glo deur sekuriteitsbeamptes […]

Read More

Johan Meyer weer in Mariental-hof, sal dalk pleit

Johan Meyer van Mariental, wat van strafbare manslag aangekla is ná die dood van die nege-jarige Hendrina Amupolo, verskyn weer vandag in die Mariental-landdroshof. Die saak spruit uit die oorledene, haar ma en verskeie ander wat glo besig was om boontjies op Meyer se plot by die Hardap-skema sonder sy toestemming te oes. Na bewering […]

Read More

BOSA veroordeel ANC se aanvaarding van Zanu-PF-hulp met verkiesing

Build One South Africa waarsku teen die invloed van Zimbabwe se Zanu-PF op Suid-Afrikaanse politiek. Die party verwerp die ANC se aanvaarding van bystand deur Zanu-PF vir die verkiesing, en verwys na die party se geskiedenis van knoeiery met verkiesings en onderdrukking in Zimbabwe. Stevens Mokgalapa van BOSA sê die samewerking toon desperaatheid vir mag […]

Read More

Nadal sukkel deur taai eerste ronde by Italiaanse Ope

Tennis: Die tienmalige kampioen, Rafael Nadal, is deur na die tweede ronde van die Italiaanse Ope in Rome. Die Spanjaard was ʼn stel agter maar het teruggeveg en die Belg, Zizou Bergs, met 4-6, 6-3 en 6-4 geklop. Die 22-malige Grand Slam-kampioen ding mee in sy derde agtereenvolgende toervlak-toernooi nadat hy die grootste deel van […]

Read More

Mbumba breek lansie vir plaaslike groen ammoniak

President Nangolo Mbumba doen ‘n beroep op potensiële beleggers om geleenthede in ammoniak- en kunsmisproduksie in Namibië en ander Afrika-lande te ondersoek. Hy het gepraat by die openingsessie van die Afrika-kunsmis- en grondgesondheids-beraad in Nairobi. Mbumba het verwys na Namibië se ontluikende groenwaterstof-bedryf, wat groen ammoniak as byproduk lewer. Ammoniak is ‘n bestanddeel van kunsmis. […]

Read More

Boumaatskappy se eienaars soek ná George-gebou ineenstort

Die Wes-Kaapse Departement van Indiensneming en Arbeid se hoofinspekteur, David Esau, het onthul niemand weet waar die eienaars van die konstruksiemaatskappy is wat verantwoordelik was vir die oprigting van die gedoemde gebou in George nie. Die gebou het Maandag ineengestort en die voorval het reeds tot agt sterftes en talle beserings gelei. Esau sê ten […]

Read More