Nadal berei voor vir Italiaanse Ope

Die tienmalige kampioen, Rafael Nadal, sal hierdie week sy Italiaanse Ope-veldtog teen ‘n kwalifiseerder begin. Die Spanjaard het in 2021 sy tiende titel in Rome ingepalm en is in ’22 in die ronde van 16 uitgeskakel, terwyl hy verlede jaar nie kon speel nie weens beserings. Hy gebruik tradisioneel die toernooi as die finale voorbereiding vir die Franse Ope, wat hy ‘n rekord 14 keer gewen het. Die wêreld se nommer een, Novak Djokovic, van Serwië, het ‘n loslootjie in die eerste ronde en kom in die tweede ronde teen Roman Safiullin of ‘n kwalifiseerder te staan.