Cyril sê regering sal werk vir Mandela se ideale

President Cyril Ramaphosa sê ter nagedagtenis aan wyle president Nelson Mandela sal die regering steeds onvermoeid werk om die demokratiese ideale te bereik waaraan hy en baie ander hulle lewens gewy het. Ramaphosa het by die viering van Vryheidsdag by die Uniegebou gepraat. Hy sê baie min dae in die lewe van die nasie kan vergelyk word met die dag in 1994 toe vryheid gebore is en Suid-Afrika vir altyd verander het.