KosMOSfees was ‘storm-fees’, sê Kurt Darren

Die inwoners van Pionierspark slaak seker ‘n sug van verligting met die KosMOSfees wat gisteraand by die Wanderers-velde ten einde geloop het. Die fees was ‘n reuse-sukses, met 20 uur se Afrikaanse musiek oor die twee dae. Reaksie op die fenomenale projek is oorweldigend positief. Een van die sterre wat opgetree het, Kurt Darren, het sy ervaring so verwoord.