Vloei by Ruacana effe beter, maar steeds laag

Vloei by die Ruacana-aanleg het ietwat verbeter en is op amper 271 kubieke meter aangeteken. Dit is steeds laer vergeleke met verlede jaar toe net meer as 283 aangeteken is. Die Namibiese Hidrologiese Diens sê die Zambezi-rivier by Katima Mulilo is tans op 1,6 meter, baie laer as die 5,1 meter verlede jaar die tyd terwyl die Okavango-rivier by Rundu steeds goed vertoon op net meer as 5,5 meter.